Who can Really be Called a Lexicographer?

  • Rufus H. Gouws Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, Stellenbosch, South Africa
Trefwoorden: emlex, leksikograaf, leksikografiese navorsing, leksikografiese opleiding, leksikografiese praktyk, leksikografiese proses, metaleksikograaf, praktiese leksikograaf, primêre leksikograaf, sekondêre leksikograaf, teoretiese leksikograaf

Samenvatting

Wie kan werklik 'n leksikograaf genoem word?Leksikograwe definieer woorde, maar dit ontbreek hulle steeds aan 'n ondubbelsinnige verstaan van die woord leksikograaf. Hierdie artikel bied 'n bondige bespreking van probleme wat ervaar word wanneer gepoog word om werklik te begryp wat 'n leksikograaf is. Die onderskeid tussen teoretiese en praktiese leksikograwe is redelik duidelik, maar binne albei hierdie kategorieë is daar grys gebiede waar dit nie sonder meer gesê kan word of 'n bepaalde deelnemer aan leksikografiese aktiwiteite wel daarvoor kwalifiseer om 'n leksikograaf genoem te word nie. Op internasionale vlak bemoeilik die gebrek aan formele professionele leksikografiese kwalifikasies 'n ondubbelsinnige begrip van die woord. Die ontluiking van leksikografie as 'n onafhanklike dissipline dwing leksikograwe om nouer ondersoek in te stel na daardie kriteria wat ter sake is om iemand as 'n leksikograaf te kan identifiseer.
Gepubliceerd
2012-11-22
Citeerhulp
Gouws, R. H. (2012). Who can Really be Called a Lexicographer?. Lexikos, 22(1). https://doi.org/10.5788/22-1-1004
Sectie
Artikels/Articles