Why One and Two Do Not Make Three: Dictionary Form Revisited

  • Anna Dziemianko Department of Lexicology and Lexicography, Faculty of English, Adam Mickiewicz University, Poznań, Poland
Trefwoorden: papierwoordeboeke, elektroniese woordeboeke, woordeboekgebruik, enkodering, dekodering, retensie, navorsingsmetodes, replisering, kieslyste, beligting, geraas, toegang, lengte van inskrywing

Samenvatting

Waarom een en twee nie gelyk is aan drie nie — woordeboekvorm herbeskou.Die primêre doel van die artikel is om die bruikbaarheid van papier- en elektroniese weergawes van OALDCE7 (Wehmeier 2005) te vergelyk vir taalenkodering en -dekodering en die aanleer van taal. Daar word verduidelik waarom, in teenstelling met Dziemianko (2010) se bevindinge betreffende COBUILD6 (Sinclair 2008), maar in ooreenstemming met haar waarnemings (Dziemianko 2011) met betrekking tot LDOCE5 (Mayor 2009), die e-weergawe van OALDCE7 geblyk het nie beter te wees vir taalresepsie en -produksie en die aanleer van taal as die woordeboek in boekvorm nie. 'n Poging word aangewend om die mikro- en makrostrukturele ontwerpkenmerke aan te stip wat e-COBUILD6 'n beter onderrighulpmiddel maak as e-OALDCE7 en e-LDOCE5. Aanbevelings betreffende verdere navorsing oor die belangrikheid van die medium (papier vs. elektronies) in die proses van woordeboekgebruik sluit die studie af. Die sekondêre doel wat die artikel probeer bereik, is om die status van replisering as 'n wetenskaplike navorsingsmetode aan te bied en die gebruik daarvan in die leksikografie te regverdig.
Gepubliceerd
2012-11-22
Citeerhulp
Dziemianko, A. (2012). Why One and Two Do Not Make Three: Dictionary Form Revisited. Lexikos, 22(1). https://doi.org/10.5788/22-1-1003
Sectie
Artikels/Articles