Bilingualized Dictionaries with Special Reference to the Chinese EFL Context

  • Yuzhen Chen Department of Foreign Languages, Putian University, Fujian, P.R.C.
Trefwoorden: leksikografie, verklarende woordeboeke met 'n tweetalige dimensie, eentalige woordeboeke, tweetalige woordeboeke, oorsprong, historiese ontwikkeling, woordeboektipologie, woordeboekkritiek, woordeboekgebruik, chinese evt-konteks

Samenvatting

Verklarende woordeboeke met 'n tweetalige dimensie met spesiale verwysing na die Chinese EVT-konteks. As 'n tipe woordeboek wat enorme gewildheid geniet by EVT-aanleerders in China, verdien die verklarende woordeboek met vertalings (bilingualized dictionary of BLD) meer akademiese en opvoedkundige aandag as wat dit deesdae ontvang. Hierdie artikel gee 'n oorsig van die BLD binne die raamwerk van woordeboeknavorsing, insluitende die geskiedenis van woordeboeke, woordeboektipologie, woordeboekkritiek en woordeboekgebruik. Dit skets eers, met spesiale verwysing na die Chinese EVT-konteks, die oorsprong en historiese ontwikkeling van hierdie tipe woordeboek, en dan word verskeie benaderings vir die klassifikasie daarvan voorgestel. Die sterk punte en swakhede van die BLD word beoordeel en die rol daarvan in die taalpedagogiek word bespreek, gevolg deur 'n uitvoerige oorsig oor die empiriese studies van die gebruik van die BLD. Ten slotte word verdere gebiede vir BLD-navorsing ook voorgestel. Daar word gehoop dat so 'n oorsig meer belangstelling sal wek in navorsing oor BLD's, wat relevant is vir taalpedagogiek, die aanleer van woordeboekgebruik en leksikografiese praktyk.
Gepubliceerd
2012-11-20
Citeerhulp
Chen, Y. (2012). Bilingualized Dictionaries with Special Reference to the Chinese EFL Context. Lexikos, 22(1). https://doi.org/10.5788/22-1-1001
Sectie
Artikels/Articles