Advanced Cantonese ESL Learners' Use of a Monolingual Dictionary for Language Production

  • Alice Y.W. Chan Department of English, City University of Hong Kong, Hong Kong
Trefwoorden: leksikografie, eentalige woordeboeke, woordeboekgebruik, woordeboekraadpleging, nuttigheid van woordeboeke, taalproduksie, sinsvoltooiing, sinsbou, kantonese esl-aanleerders, probleme teëgekom, konteks verskaf

Samenvatting

Gevorderde Kantonese ESL-aanleerders se gebruik van 'n eentalige woordeboek vir taalproduksie. In hierdie artikel word verslag gedoen van die resultate van 'n navorsingstudie wat die gebruik van eentalige woordeboeke deur gevorderde Kantonese ESL-aanleerders in Hong Kong in die produksie van teikentaalsinne ondersoek het. Een-en-dertig studente met Engels as hoofvak het deelgeneem aan 'n taak waarin hulle sinne moes voltooi en aan 'n taak waarin hulle sinne moes bou met en sonder die hulp van 'n eentalige woordeboek. In die taak waarin hulle sinne moes voltooi, is die volle Chinese konteks en 'n gedeeltelike Engelse konteks verskaf, terwyl daar in die sinsboutaak slegs 'n paar Engelse leidrade gegee is. Verskillende selfrapporteringsprotokolle, insluitende introspektiewe vraelyste, retrospektiewe vraelyste en hardopdinkopnames, asook 'n onderhoud met die fokusgroep nadat die taak afgehandel is, is onderneem om die deelnemers se denkprosesse gedurende die raadpleging van 'n woordeboek te volg. Die resultate toon dat 'n eentalige woordeboek nuttig is om aanleerders te help om teikentaalsinne te produseer, maar aanleerders kom verskillende soorte probleme teë tydens die raadpleging van 'n woordeboek, waarvan party verwant is aan die algemene gebruik van woordeboeke, en ander aan die taal waarin gedink word. Daar word voorgestel dat ESL-aanleerders sowel eentalige as verklarende woordeboeke met vertalings gebruik wanneer hulle leer en dat ESL-onderwysers programme ontwikkel wat woordeboekvaardighede oordra en wat leerders se taalvaardigheid in ag neem sowel as hulle werklike raadplegingsprobleme.
Gepubliceerd
2012-11-14
Citeerhulp
Chan, A. Y. (2012). Advanced Cantonese ESL Learners’ Use of a Monolingual Dictionary for Language Production. Lexikos, 22(1). https://doi.org/10.5788/22-1-1000
Sectie
Artikels/Articles