Lexikos 27 is die laaste uitgawe wat in gedrukte formaat beskikbaar is

2018-10-08
Die WAT se Direksie het op hulle laaste vergadering van 2017 besluit dat die gedrukte weergawe van Lexikos uitgefaseer gaan word. Lexikos 27 is dus die laaste uitgawe in gedrukte formaat.  Die hoofrede hiervoor is dat ons 'n maksimum van 10 boeke per jaar verkoop teen R350 per eksemplaar. Volume 28 en toekomstige volumes sal slegs aanlyn beskikbaar wees.