Veranderinge aan die Adviesraad, Redaksionele Komitee en Redaksionele Span
2024-07-05
Gedurende die afgelope jaar het Lexikos se redaksionele span die joernaal se Adviesraad en Redaksionele Komitee hersien en vernuwe. Ons wil graag ons erkentlikheid en opregte dank uitspreek teenoor die uitgaande Adviesraad en Redaksionele Komitee vir hulle toegewyde diens en vakkundigheid. Ons verwelkom die nuwe Adviesraad en Redaksionele Komitee hartlik en bedank hulle vir hulle bereidwilligheid om in hul onderskeie hoedanighede te dien. Ons sien uit na 'n verhouding waarin ons produktief kan saamwerk. Sien asseblief die lys van medewerkers hier: https://lexikos.journals.ac.za/pub/about/editorialTeam
Lexikos wil ook graag vir prof. Michele van der Merwe, Departement Kurrikulumstudie: Afrikaans, Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit Stellenbosch, en vir prof. Sonja Bosch, Professor Emeritus, Departement Afrikatale, Universiteit van Suid-Afrika, in die redaksionele span verwelkom. Prof. Van der Merwe sluit as mederedakteur aan, terwyl prof. Bosch as Duitse redakteur aansluit. Hulle dra 'n wye reeks ervaring by tot die redaksionele span, en ons is dankbaar vir hulle gewilligheid om die verantwoordelikheid van redakteurs te aanvaar.