Inzendingen

Ga naar inloggen of Registeer om een manuscript te kunnen inzenden.

Checklist ter voorbereiding van inzending

Als onderdeel van de inzendingsprocedure moeten auteurs verklaren dat hun inzending voldoet aan de volgende richtlijnen. Inzendingen kunnen geretourneerd worden als ze daar niet aan voldoen.

Richtlijnen voor auteurs

Die sluitingsdatum vir voorleggings aan Lexikos 34 is 30 April 2024.

Vanaf Lexikos 34 sal 'n eenmalige fooi van ZAR 7500.00 as bladgeld gehef word volgens 'n besluit van AFRILEX en die Lexikos-redaksie. Dit is van toepassing op Suid-Afrikaanse akademici wat kwalifiseer vir navorsingsubsidie.

Lexikos het nie indieningsfooie (Engels: submission fees) of verwerkingsfooie (Engels: processing fees) nie.

VOORSKRIFTE AAN SKRYWERS

(Tree asseblief met ons in verbinding (lexikos@sun.ac.za) vir 'n uitvoeriger weergawe van hierdie instruksies of besoek ons webblad: http://lexikos.journals.ac.za/)

A. REDAKSIONELE BELEID

1. Aard en inhoud van artikels

Artikels wat handel oor alle aspekte van die leksikografie, of oor implikasies wat navorsing op aanverwante terreine, bv. die linguistiek, rekenaarwetenskap en inligtingskunde vir die leksikografie het, sal vir publikasie oorweeg word. Aritkels wat oor terminologie handel, sal ook oorweeg word, mits daar 'n leksikografies perspektief teenwoordig is. (Aritkels wat nie 'n leksikografiese fokus het nie, sal nie verwerk word nie.)

        Bydraes kan onder enigeen van die volgende rubrieke geklassifiseer word:

(1)  Artikels: Grondige oorspronklike wetenskaplike navor­sing wat gedoen en die resultate wat verkry is, of bestaande navorsingsresultate en ander feite wat op 'n oor­spronklike wyse oorsigtelik, interpreterend, vergely­kend of krities evalu­e­rend aangebied word.

(2)  Resensieartikels: Navorsingsartikels wat in die vorm van 'n kritiese resensie van een of meer gepubli­seerde weten­skap­like bronne aangebied word.

Bydraes in kategorieë (1) en (2) word aan streng anonie­me keuring deur onafhanklike akademiese vakgenote onder­werp ten einde die internasionale navorsings­gehalte daarvan te verseker.

(3)  Resensies: 'n Ontleding en kritiese evaluering van gepu­bliseerde wetenskaplike bronne en produkte, soos boeke en rekenaarprogramme.

(4)  Projekte: Besprekings van leksikografiese pro­jekte.

(5)  Leksikonotas: Enige artikel wat praktykgerigte inlig­ting, voor­stelle, probleme, vrae, kommentaar en oplos­sings betref­fende die leksikografie bevat.

(6)  Leksikovaria: Enigeen van 'n groot verskeiden­heid arti­kels, aankondigings en nuusvrystellings van leksiko­gra­fiese ver­enigings wat veral vir die praktise­rende lek­si­kograaf van waarde sal wees.

(7)  Ander: Van tyd tot tyd kan ander rubrieke deur die redak­sie ingevoeg word, soos Leksikoprogram­ma­tuur, Leksi­ko-opname, Leksikobibliografie, Leksikonuus, Lexi­kofokus, Lek­siko-eerbewys, Leksikohulde­blyk, Verslae van konferen­sies en werksessies.

Bydraes in kategorieë (3)-(7) moet almal aan die eise van aka­demiese geskrifte voldoen en word met die oog hierop deur die redaksie gekeur.

2. Wetenskaplike standaard en keuringsprosedure

Lexikos is deur die Departement van Hoër Onderwys van die Suid-Afrikaanse Regering as 'n gesubsidieerde, d.w.s. in­koms­te­genererende navorsingstydskrif goed­ge­keur. Dit ver­skyn ook op die Institute of Science Index (ISI).

        Artikels sal op grond van die volgende aspekte beoor­deel word: taal en styl; saaklikheid en verstaan­baar­heid; pro­bleem­stelling, beredenering en gevolg­trek­king; ver­wysing na die belangrikste en jongste lite­ra­tuur; wesen­like bydrae tot die spesifieke vakge­bied.

        Manuskripte word vir publikasie oorweeg met dien ver­stande dat die redaksie die reg voorbehou om ver­an­de­ringe aan te bring om die styl en aanbieding in oor­een­stemming met die redaksionele beleid te bring. Outeurs moet toesien dat hulle bydraes taal­kun­dig en stilis­ties geredigeer word voor­dat dit inge­lewer word.

3. Taal van bydraes

Afrikaans, Duits, Engels, Frans of Nederlands.

4. Kopiereg

Nóg die Buro van die WAT nóg die African Associa­tion for Lexi­cography (AFRILEX) aanvaar enige aan­spreek­lik­heid vir eise wat uit meewerkende skrywers se gebruik van materiaal uit ander bronne mag spruit.

        Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubli­seer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afri­kaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.

5. Oorspronklikheid

Slegs oorspronklike werk sal vir opname oorweeg word. Skry­wers dra die volle verantwoordelikheid vir die oor­spronk­likheid en feitelike inhoud van hulle publi­kasies. Indien van toepassing, moet besonder­hede van die oor­sprong van die artikel (byvoorbeeld 'n refe­raat by 'n kongres) verskaf word.

Plagiaat, insluitende dubbele publikasie van die outeur se eie werk in geheel of gedeeltelik sonder die nodige verwysings, word nie in die joernaal toegelaat nie. Dit sluit die publikasie van 'n gedeeltelike of algehele vertaalde weergawe van die outeur se eie werk in. Manuskrip wat aan die joernaal voorgelê word, behoort vergesel te word van 'n verslag wat deur anti-plagiaat-sagteware gegenereer is en as aanvullende legger opgelaai sal word. As geen sodanige verslag ontvang word nie, mag die voorlegging deur die redakteurs nagegaan word vir oorspronklikheid deur anti-plagiaat-sagteware te gebruik.

6. Uitnodiging en redaksionele adres

Alle belangstellende skrywers is welkom om bydraes vir opname in Lexikos te lewer en verkieslik in elek­troniese formaat aan die volgende adres te stuur: lexikos@sun.ac.za, of Die Redakteur: LEXIKOS, Buro van die WAT, Pos­bus 245, 7599 STELLENBOSCH, Republiek van Suid-Afrika.

B. VOORBEREIDING VAN MANUSKRIP

Die manuskrip van artikels moet aan die volgende redak­sio­nele vereistes voldoen:

1. Lengte en formaat van artikels

Manuskrip moet verkieslik in elektroniese formaat per e-pos of op rekenaarskyf voorgelê word in sagteware wat ver­soenbaar is met MS Word. Die lettersoort moet verkieslik 10-punt Palatino of Times Roman wees. Bydraes moet verkieslik nie 8 000 woorde oorskry nie.

        Elke artikel moet voorsien wees van 'n opsom­ming van ongeveer 200 woorde en ongeveer 10 sleu­tel­woorde in die taal waarin dit geskryf is, sowel as 'n opsomming en sleu­tel­woorde in Engels. Engelse arti­kels van Suid-Afrikaanse oorsprong moet 'n opsom­ming en sleutelwoorde in Afrikaans hê, terwyl Engelse artikels van buitelandse oorsprong 'n tweede opsom­ming en sleutelwoorde in enigeen van die aan­geduide tale mag gee. As die outeur dit nie doen nie, sal die redaksie 'n Afrikaanse vertaling voorsien. Maak seker dat die opsomming in die tweede taal ook 'n vertaling van die oor­spronklike titel bevat.

2. Grafika

Figure, soos tabelle, grafieke, diagramme en illus­tra­sies, moet in 'n gepaste grootte wees dat dit versoen kan word met die blad­spieël van Lexikos, naamlik 18 cm hoog by 12 cm breed. Die plasing van grafika binne die teks moet duidelik aange­dui word. Indien skryf­tekens of grafika probleme oplewer, mag 'n uit­druk van die manuskrip of 'n e-pos in .pdf-formaat aangevra word.

3. Bibliografiese gegewens en verwysings binne die teks

Volg asb. die riglyne vir verwysings op hierdie bladsy.

Outeurs kan ook onlangse uitgawes van Lexikos nagaan vir meer inligting.

Buiten in spesiale gevalle moet verwysings na Lexikos-artikels tot twee of drie per artikel beperk word. Uitsonde­rings moet met die redakteur van Lexikos uitgeklaar word. Dít word gedoen om die status van Lexikos in verskeie inter­nasio­nale indekse te behou.

4. Aantekeninge/voetnote/eindnote

Aantekeninge moet deurlopend in die vorm van bo­skrifte genommer en aan die einde van die manu­skrip onder die opskrif Eindnote gelys word.

Privacy verklaring

The names and email addresses entered in this journal site will be used exclusively for the stated purposes of this journal and will not be made available for any other purpose or to any other party.