Die hantering van neweskikkers en onderskikkers in Afrikaanse woordeboeke
Résumé
Die diskrepansie tussen die behoefte aan leksikografiese leiding met betrekking tot voegwoorde en die relatiewe onverskilligheid hierteenoor in terme van leksikografiese navorsing en praktyk het tot hierdie artikel aanleiding gegee, waarin die onbevredigende hantering van voegwoorde in Afrikaanse woordeboeke aangedui word en enkele konstruktiewe leksikografiese oplossings vir die hantering van hierdie woordsoortkategorie aan die hand gedoen word. 'n Eerste aanbeveling is dat die lemmata voegwoord, verbindingswoord, neweskikker, onderskikker en voegende bywoord meer diepgaande sintaktiese inligting, met genoeg voorbeelde (ook oor sinsgrense heen) voorsien. Daar behoort kruisverwysings van die spesifieke voegwoordlemmata na hierdie lemmata te wees. Die voorbeelde wat aangebied word, behoort ook tipiese leksikale en grammatiese patrone aan te dui, sowel as of hipotaktiese binding moontlik is of net inlywing. In aanleerderwoordeboeke kan die tipiese leksikale patrone in vet druk verskyn. Sorg moet gedra word in omvattende woordeboeke, soos WAT, om vinniger inligtingsherwinning tot gevolg te hê en leksikograwe behoort nie funksies gelyk te stel aan polisemiese betekenisonderskeidings nie. So is daar byvoorbeeld twee lemmas nodig by of aangesien dit 'n homoniem is wat duidelik aparte lemmas vereis.Copyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0