Kriteria vir 'n Afrikaanse aanleerderwoordeboek

  • Anna Nel Otto Departement Afrikaans, Universiteit Vista, Port Elizabeth, Republiek van Suid-Afrika, Suid-Afrika

Résumé

Hierdie artikel bepaal die teoretiese en praktiese kriteria vir 'n Afrikaanse aanleerderwoordeboek. Die teikengebruikers van hierdie aanleerderwoordeboek is swart tersiêre studente, vir wie Afrikaans 'n tweede of derde taal is. So 'n woordeboek moet op dié teikengebruikers se behoeftes afgestem wees, d.w.s. 'n geskikte medium vir sowel dekodering as enkodering wees. Die woordeboek moet hoofsaaklik gebaseer wees op werklike taalgebruik. Dit behels 'n deeglike materiaalversameling wat voldoende detail bevat en sistematies aangebied word. Die geselekteerde gegewens moet op sodanige wyse verwerk word dat dit maklik ontsluit en verstaan kan word. Die woordeboek moet 'n toeligtingsgedeelte bevat. Die seleksie van makrostruktuurelemente moet linguisties gemotiveer wees. Die seleksie van spesifieke makrostruktuurelemente moet op grond van die teikengebruikers se behoeftes en die leksikograaf se insigte met betrekking tot interlinguale aspekte gebaseer wees. Wat die mikrostruktuur betref, moet voldoende uitspraakleiding, grammatiese leiding, semantiese leiding en gebruiksleiding verskaf word. 
Publié-e
2012-08-30
Comment citer
Otto, A. N. (2012). Kriteria vir ’n Afrikaanse aanleerderwoordeboek. Lexikos, 9(1). https://doi.org/10.5788/9-1-919
Rubrique
Beskouende artikels / Contemplative Articles