'n Woord van AFRILEX / A Few Words from AFRILEX
Résumé
Met die 11de uitgawe van Lexikos en die 6de internasionale konferensie van die African Association for Lexicography (AFRILEX) agter die rug, kan mens met reg trots wees op die suksesverhaal van AFRILEX en Lexikos. Lexikos verwerf toenemend nasionaal en internasionaal bekendheid as 'n leksikografietydskrif van besonder ho? gehalte. AFRILEX tel eweneens onder die toonaangewende leksikografieverenigings in die w?reld en 'n rekordaantal nuwe lede het vanjaar aangesluit. AFRILEX bied 'n tuiste aan almal wat belangstel in een of ander aspek van die leksikografie en speel 'n belangrike ondersteunende rol in die totstandbrenging van woordeboekeenhede vir die Afrikatale deur die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad. Benewens die jaarlikse internasionale konferensie, fasiliteer AFRILEX 'n aantal seminare, werkswinkels en tutoriale en kommunikeer met lede deur sy nuusbrief en verskeie omsendbriewe.Copyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0