'n Woord van AFRILEX / A Few Words from AFRILEX
Résumé
Dit is 'n groot eer vir my as nuutgekose President van AFRILEX om hierdie woord aan die lesers van Lexikos te rig. Indien daar gekyk word na die volkome toewyding waarmee my drie voorgangers — Rufus Gouws, Danie Prinsloo en Mariëtta Alberts — die taak verrig het, sal ek moeilik hulle buitengewone leier-skap kan ewenaar. Wanneer 'n mens hulle inleidingswoorde lees wat sedert nommer 6 (1996) in Lexikos verskyn het, is dit interessant om die voorkeur-onderwerpe van elkeen te herken: Rufus het nooit nagelaat om leksikografiese teorie ter sprake te bring nie, Danie het vanuit 'n meer praktiese en organisato-riese hoek gekyk, terwyl Mariëtta op die subdissipline terminologie gekonsen-treer het. Elke akademikus het 'n liefhebbery; myne is om ons strewes in publi-kasies te omskep wat oor die jare hul geldigheid sal bly behou. Wat dit betref, is ons besonder gelukkig om oor Lexikos te beskik.Copyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0