Voorwoord/Foreword

  • J.C.M.D. Du Plessis

Abstract

In die afdeling " Leksiko-opname " verskyn twee artikels, spesiaal geskryf vir hierdie nommer, wat veral toepaslik is vir Lexikos in hierdie stadium van sy publikasiegeskiedenis. Die eerste artikel deur Gilles-Maurice de Schryver gee 'n oorsig en ontleding van die bydraers en hulle bydraes tot Lexikos gedurende die afgelope agtien jaar. Dit toon onder andere hoe Lexikos geprobeer het om by te bly by die veranderinge en neigings in leksikografiese navorsing deur die toevoeging van nuwe afdelings om verskillende soorte artikels 'n plek te gee. 'n Belangrike vernuwing vanjaar kom in die vorm van 'n aparte supplement wat aan Lexikos groter moontlikhede bied vir die publikasie van versamelings arti-kels wat 'n besondere leksikografiese tema dek of langer monografieë wat 'n enkele leksikografiese onderwerp behandel. Vanjaar se supplement bevat arti-kels waarin personeellede van die African Languages Research Institute (ALRI) verskillende aspekte bespreek van die woordeboeke wat hulle tot dusver saamgestel en gepubliseer het.
Published
2011-10-20
How to Cite
Du Plessis, J. (2011). Voorwoord/Foreword. Lexikos, 19. https://doi.org/10.5788/19-0-425
Section
Redaksioneel/Editorial