Semantiese betrekkinge en woordeboekstrukture in 'n Afrikaanse tesourus

  • Michele F. van der Merwe Departement Kurrikulumstudie: Afrikaans, Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch

Résumé

Opsomming: In 'n tesourus word die struktuur van die woordeskat en die besondere verhou­dings tussen die leksikale items in daardie woordeskat op die voorgrond geplaas. 'n Woordeskat ver­toon 'n bepaalde struktuur waarbinne die verskillende leksikale items op grond van veral hulle bete­ke­nisse met mekaar saamhang. Die onderwerp van hierdie navorsing is die leksikografiese aan­bieding van onderskeie semantiese betrekkinge tussen leksikale items in die verskillende uit­gawes van die Groot Tesourus van Afrikaans. In 'n vergelykende studie tussen die twee uitgawes word die volgende navorsingsvraag gevra: Watter veranderings en verskille, indien enige, kan daar ten opsigte van die aanbieding van semantiese betrekkinge tussen die twee uitgawes waar­geneem word? Semantiese betrekkinge tussen leksikale items (onder andere sinonimie, hiponimie en teenoorgesteldheid) en die aanbieding daarvan in albei tesourusuitgawes word belig. Die leksi­ko­grafiese hantering van semantiese betrekkinge word bespreek teen die agtergrond van die leksi­ko­grafieteorie rakende woordeboekstrukture en e-leksikografie. Aanbevelings ten opsigte van 'n meer gebruikersgerigte hantering van semantiese betrekkinge word gemaak, ook met betrekking tot 'n elektroniese tesourus. Sleutelwoorde: tesourus, sinoniem, teenoorgesteldheid, hiponiem, mero­niem, semantiese verhouding, woordeboekstruktuur, kontekstuele leiding, gebruikersgerig, elektroniese tesourus
Publié-e
2023-12-14
Comment citer
van der Merwe, M. F. (2023). Semantiese betrekkinge en woordeboekstrukture in ’n Afrikaanse tesourus. Lexikos, 33(2), 132-151. https://doi.org/10.5788/33-2-1835