Elektroniese WAT (Woordeboek van die Afrikaanse Taal, A tot R)

  • Corlietha Swart Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid-Afrika

Résumé

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is die omvangrykste projek ooit rondom die Afrikaanse woordeskat. Dit dokumenteer hierdie woordeskat in sy wydste omvang — nie slegs Standaardafrikaans nie, maar ook die ander variëteite van Afrikaans. Alle vorme, hetsy dit omgangstaal, spreektaal, streektaal of standaardtaal is, word weerspieël. Vir alle moderne en kontemporêre gebruikers is dit nou ook in elektroniese formaat beskikbaar. Dit behels 'n omvattende, elektroniese verwysingsbron met gevorderde soekfunksies wat nie bloot die data van die gedrukte dele van die WAT bevat nie, maar ook 'n kerntesourus van Afrikaans as bonus het.
Publié-e
2011-10-20
Comment citer
Swart, C. (2011). Elektroniese WAT (Woordeboek van die Afrikaanse Taal, A tot R). Lexikos, 20. https://doi.org/10.5788/20-0-171
Rubrique
Resensies/Reviews