Prolingua se bydrae tot terminologieontwikkeling in Afrikaans

  • Mariëtta Alberts Navorsingseenheid: Taal en Literatuur in die SA Konteks, Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus, Potchefstroom, Suid-Afrika

Résumé

Die navorsingsprobleem wat in hierdie artikel bespreek word, handel oor die geïsoleerde ontwikkeling van Afrikaanse terminologie in 'n meertalige bestel. Die probleem mani­fes­teer homself op drieërlei wyse: die behoefte aan sodanige terminologie; die volhoubaarheid daar­van; en of 'n enkele instansie, soos Prolingua, daartoe in staat is om sodanige ontwikkeling te hand­haaf. Prolingua, 'n vakvereniging vir Engelse en Afrikaanse taalpraktisyns, is in 1950 gestig. Dit het toe bekend gestaan as die Transvaalse Vereniging van Munisipale Vertalers. Soos die naam aan­dui, was die lede hoofsaaklik munisipale beamptes. Munisipale dienste het verskeie dienste inge­sluit wat gedurende hierdie tydperk tweetalige terme vir verskeie gebiede in die werksplek beno­dig het. Die land se tweetalige beleid het vereis dat terme vertaal en geskep moes word vir alle munisipale departemente — skielik was daar 'n behoefte aan Afrikaanse terme. Die doel van die nuut­gestigte vereniging was om onder andere te vertaal, te skep en terminologie te standaardiseer en probleme wat met vertaling ondervind is, te bespreek. Later is meer klem op termino­lo­giever­wante probleme gelê en die vereniging het meer inklusief en aanloklik vir taalpraktisyns verbonde aan ander instansies geraak om by sy geledere aan te sluit. Hierdie artikel gee aandag aan die behoefte aan Afrikaanse terminologie en die ontstaan van Prolingua en sy bydrae tot terminolo­gie­ontwikkeling in Afrikaans, soos die Prolingua-termlys en ander produkte en dienste. Die bydraes deur eksterne medewerkers ten opsigte van terminologieontwikkeling kry ook aandag. Prolingua se samewerking met ander instansies word bespreek. Die artikel word afgesluit met aanbevelings oor die pad vorentoe.Sleutelwoorde: aanlyn terminologieprodukte; databasis; digitisering; digitalisering; harmonisering; klassieke oorsprong; medewerker; neologisme; samewerking; standaardisering; taalbeleid; taalpraktisyn; terminologie; terminologiebestuurstelsel; terminologieontwikkeling; termlys; termskepping; vakwoordeboek
Publié-e
2017-11-07
Comment citer
Alberts, M. (2017). Prolingua se bydrae tot terminologieontwikkeling in Afrikaans. Lexikos, 27(1). https://doi.org/10.5788/27-1-1393
Rubrique
Artikels/Articles