Evalueringskriteria en die interaksie tussen die leksikografieteorie en -praktyk; die ontwerp van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal as gevallestudie

  • P.H. Swanepoel Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, Unisa, Pretoria, Suid-Afrika

Résumé

Die samestellers van die verskillende dele van die WAT kon steun op die insette van verskeie medewerkers, waarvan woordeboekresensente 'n belangrike groep is. Een van die algemene probleme met die evaluering van woordeboeke van allerlei soorte (sien Nielsen 2006, 2009 en Swanepoel 2008, 2013 vir 'n bespreking) is dat daar egter in resensies — ook in sommige van dié van die verskene dele van die WAT — slegs gesteun word op kriteria vir die ontleding en beskrywing van die ontwerpkenmerke van woordeboeke en dikwels nie ook op 'n duidelik geformuleerde en gemotiveerde stel kriteria vir die evaluering van woordeboeke nie. Hierdie probleem en die onderskeid tussen beskrywingskriteria en evalueringskriteria en die inhoud, struktuur en operasionalisering van evalueringskriteria word in meer besonderhede in hierdie artikel bespreek na aanleiding van veral Feinauer (2007), Gouws (2007, 2011 en 2014), Gouws en Prinsloo (2005), Nielsen (2006, 2009) en Svensén (2009). Ten slotte word hierdie probleem toegelig aan die hand van die ontwerpkenmerke van WAT Deel XIV.
Publié-e
2014-10-27
Comment citer
Swanepoel, P. (2014). Evalueringskriteria en die interaksie tussen die leksikografieteorie en -praktyk; die ontwerp van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal as gevallestudie. Lexikos, 24(1). https://doi.org/10.5788/24-1-1269
Rubrique
Resensieartikels/Review Articles