Woordeboeke en Dowe gebruikers: huidige probleme en die behoefte aan beter oplossings

  • Hanelle Fourie Blair Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Stellenbosch, Suid-Afrika en Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch, Suid-Afrika

Résumé

Gebaretaalleksikografie is 'n afdeling van die leksikografie wat tot dusver 'n groot­liks vae, onbelangrike area was. Die ontwikkeling van gebaretaalleksikografie was in die ver­lede onderhewig aan verskillende vooroordele en beperkinge. Dit was dikwels nie nodig geag om 'n tweetalige woordeboek saam te stel waarin dit ook moontlik is om 'n gebaar op te soek nie aan­ge­sien tweetalige gebaretaalwoordeboeke grotendeels gemik was op horende persone wat die taal wou of moes leer. Daarby was dit baie moeilik vanweë die aard van gedrukte woordeboeke en die gebrek aan 'n ortografiese vorm van gebaretaal om gebare op 'n manier voor te stel én te rangskik sodat hulle opgesoek kan word sonder om van 'n geskrewe soekterm gebruik te maak. Daar is wel nota­sie­sisteme ontwikkel in 'n poging om hierdie probleem te omseil, maar hierdie sisteme het nooit by gewone gebruikers wyd byval gevind nie. Die ontwikkeling van elektroniese gebaretaal­woor­deboeke het egter gesorg vir 'n revolusie in gebaretaalleksikografie. Dit is nie meer ongewoon om elektroniese gebaretaalwoordeboeke te vind waarin nie net 'n woord nie, maar ook 'n gebaar soek­baar is, gewoonlik volgens een of meer van die gebaar se parameters, soos handvorm. Sulke woor­deboeke maak dit moontlik vir 'n Dowe gebruiker om direkte toegang tot sy of haar eerste taal (gebaretaal) te bekom sonder enige kennis van die tweede taal (die geskrewe taal). Die artikel ver­wys ook na 'n nuutvoorgestelde model wat dit vir baie jong Dowe gebruikers moontlik maak om ook via kon­sep na gebaar of woord te soek.
Publié-e
2013-12-19
Comment citer
Fourie Blair, H. (2013). Woordeboeke en Dowe gebruikers: huidige probleme en die behoefte aan beter oplossings. Lexikos, 23(1). https://doi.org/10.5788/23-1-1207
Rubrique
Artikels/Articles