Voorwoord/Foreword
Résumé
Met die dood vanjaar van prof. Ladislav Zgusta het Lexikos een van sy mees vooraanstaande Adviesraadslede verloor. Sy Manual of Lexicography wat in 1971 verskyn het, was moontlik en is steeds een van die mees aangehaalde en ver-melde publikasies in leksikografiese besprekings. Vir hom was woorde en woordeboeke belangrik, maar selfs belangriker was die mense agter die woor-de en woordeboeke. Hy het 'n besondere belangstelling in die Suid-Afrikaanse leksikografie gehad. Gedurende April 1989 het hy die Universiteit van Stellen-bosch besoek waar hy lesings gegee en ook aan 'n leksikografiese werksessie deelgeneem het. Daarna was daar voortdurende kontak omdat hy ingelig wou bly oor leksikografiese ontwikkelinge in Suid-Afrika. Die verlies van sy kun-digheid sal 'n groot leemte laat.Copyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0