Begripsontwikkeling

  • Johan Combrink Departement van Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Stellenbosch

Résumé

Hierdie artikel handel oor tien histories parallelle ontwikkelings van dieselfde tipes begrippe, vervat in meer as een lekseem van Afrikaans. Sulke ontwikkelinge is bv. dat die aanvangsbegrip, "vorm", aanleiding gee tot 'n nuwe begrip, "vorm en inhoud", en dat dié begrip op sy beurt aanleiding gee tot 'n nuwe begrip, "inhoud". Dit het byvoorbeeld gebeur by <i>tuin, driehoek, sirkel, eier, kring en vierkant</i>. Leksikograwe is die aangewese persone om begripsontwikkeling in lekseme te beskryf. 'n Kennis van begripsontwikkeling is op twee maniere van belang vir die leksikografie. Ten eerste kan leksikograwe hulle kennis van begripsontwikkeling heuristies gebruik by die deurwerk van rou leksikografiese data. En ten tweede is dit vir woordeboekgebruikers baie makliker om 'n artikel te volg wat opgestel is ooreenkomstig die tipe begripsontwikkeling wat aan hulle (onbewustelik) bekend is.  
Comment citer
Combrink, J. (1). Begripsontwikkeling. Lexikos, 1(1). https://doi.org/10.5788/1-1-1147
Rubrique
Artikels/Articles