Kollokasies: 'n Leksikografiese perspektief

  • A.E. van Niekerk Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal

Résumé

'n Eentalige, verklarende woordeboek moet van kollokasies rekenskap gee. As onvoorspelbare, gekonvensionaliseerde sintagmatiese verbindinge moet kollokasies aangeleer word. Die moedertaalspreker sal daarom in die reël nie 'n bepaalde kollokatiewe patroon intuïtief kan antisipeer nie. Die leksikograaf het egter in dié verband geensins 'n maklike taak nie. 'n Absolute skeiding tussen vrye verbindinge, kollokasies en idiome is, veral in die lig van die kognitiewe benadering, nie moontlik nie. Die leksikograaf moet nietemin die skeiding wat hy maak, kan verantwoord. Die behoeftes van die gebruiker behoort altyd die deurslag te gee. Kollokasies verrig 'n leksikografiese funksie wat verskillend van, maar aanvullend tot die funksie van die definiens en die voorbeeldsinne is. Die plek wat kollokasies binne die lineêre mikrostruktuur beklee, kan gevolglik nóg deur die definiens, nóg deur voorbeeldsinne gevul word. Vir die leksikograaf hou die semantiese onderskeid tussen basis en kollokator oor die algemeen nie stand nie. 'n Kollokasie kan in beginsel in die artikel van sowel 'n basis as 'n kollokator ingesluit word. Die rekenaar kan met vrug ingespan word om kollokatiewe patrone te isoleer en die leksikograaf se taak te vergemaklik. Kollokasies maak dit vir die leksikograaf moontlik om op 'n nie-arbitrêre basis groter inhoud en struktuur aan die woordeboekartikel te verleen. Daarbenewens sal die gebruiker baat vind by 'n volledige, verantwoorde hantering van kollokasies.  
Comment citer
van Niekerk, A. (1). Kollokasies: ’n Leksikografiese perspektief. Lexikos, 2(1). https://doi.org/10.5788/2-1-1137
Rubrique
Artikels/Articles