Behoeftebepaling in die leksikografie

  • Mariëtta Alberts

Résumé

Die waarde van woordeboeke is veral geleë in hul bydrae om struikelblokke in kommunikasie te verminder. Ten einde doeltreffende woordeboeke saam te stel, is dit van belang dat ondersoeke uitgevoer word om woordeboekgebruikers se behoeftes te bepaal. Daar is genoegsame aanduidings in die literatuur dat behoeftebepaling 'n aksie is wat op gereelde basis uitgevoer moet word en dat vergelykende studies van waarde is. Die literatuursondersoek toon dat daar reeds verskeie behoeftebepalingsondersoeke van uiteenlopende aard in die leksikografie uitgevoer is. Daar was dusver egter nie sprake van 'n leksikografiese behoeftebepalingsmodel nie. Weens die aard van die ondersoeke en die gebrek aan behoorlike dokumentasie oor die ondersoeke is vergelykende opvolgstudies tans nie moontlik nie. As gevolg van die leemtes in die bestaande leksikografiese ondersoeke word daar swaar geleun op voorbeelde van behoeftebepalingsmodelle in randdissiplines. Daar is bepaalde veranderlikes (gebruikereienskappe en sosiale faktore) wat 'n invloed kan hê op gedrag en gevolglik ook op die interpretasie van die resultate van 'n empiriese ondersoek. Die invloed van die veranderlikes op die woordeboekgebruiker en sy taakverrigting word bespreek. Die verskillende tersaaklike eienskappe van die konsepte "behoefte", "inligtingbehoefte", "inligtinggebruiker" en "behoeftebepaling" word breedvoerig bespreek en met die woordeboekgebruiker en woordeboekpraktyk in verband gebring. 'n Model word voorgestel waarvolgens die behoeftes van woordeboekgebruikers bepaal kan word. Dié leksikografiese behoeftebepalingsmodel is op verskillende behoeftebepalingsmodelle uit die inligtingkunde en op die stelselbenaderingsmodel gebaseer. Daar is gepoog om relevante inligting by die ontwerp van die leksikografiese behoeftebepalingsmodel in ag te neem.  
Comment citer
Alberts, M. (1). Behoeftebepaling in die leksikografie. Lexikos, 2(1). https://doi.org/10.5788/2-1-1124
Rubrique
Artikels/Articles