Die agtste deel van die <i>Woordeboek van die Afrikaanse Taal</i>

  • Edith H. Raidt Universiteit van die Witwatersrand, Johannesburg, Suid-Afrika

Résumé

Vanaf sy begin in 1926 het die <i>Woordeboek van die Afrikaanse Taal</i> baie ingrypende redaksionele wysigings ondergaan. Dit het veroorsaak dat die publikasie van dele I tot VIII (1951-1991) met onaanvaarbaar lang vertragings gepaard gegaan het. Met WAT VIII is die letter K --- na drie dekades --- uiteindelik klaar. Hierdie deel is klaarblyklik die produk van 'n oorgangsfase in die redaksionele beleid. Dit is veel strakker in die aanbod, die artikels is beter gestruktureer, die betekenisdefinisies is op min uitsonderings na nie meer ensiklopedies van aard nie. Daar is egter nog steeds onnodig baie en sleg geordende voorbeeldmateriaal wat nie op historiese beginsels gebaseer is nie hoewel daar indirek waardevolle historiese inligting verskaf word. Die hoofkritiek wat in hierdie artikel geopper word, het betrekking op (1) die lukraak keuse van aanhalings; (2) die wegskram van etimologieë; (3) die afwesigheid van historiese beginsels. WAT VIII toon egter in baie opsigte 'n belowende vooruitgang. Dit laat 'n mens uitsien na 'n beter omlynde redaksionele beleid wat hopelik sal lei tot 'n deeglike en spoedige voortsetting van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. <b>Sleutelwoorde:</b> afleiding, afrikaans, anglisisme, definisie, engels, etimologieë, historiese beginsels, idiome, leenwoorde, leksikografie, lemma, neologismes, poëme, redaksionele beleid, regiolek, samestelling, sitaat, sosiolek, standaardtaal, tegniese terme, terminologie, variant, woordeboek
Comment citer
Raidt, E. H. (1). Die agtste deel van die <i>Woordeboek van die Afrikaanse Taal</i&gt;. Lexikos, 3(1). https://doi.org/10.5788/3-1-1108
Rubrique
Resensieartikels/Review Articles