Die nuwe <i>AWS</i> in die praktyk: 'n gebruikersoorsig na twee jaar

  • J. du T. McLachlan Taalpraktisyn, Pretoria, Suid-Afrika

Résumé

Die agste, verbeterde uitgawe van die <i>Afrikaanse Woordelys en Spelreëls</i> word na twee jaar se intensiewe gebruik in die taalpraktyk krities beskou. Hoewel die eerste druk heelwat verwarrende setfoute het, is dit in die tweede druk grotendeels reggestel. Die AWS8 het heelwat verbeteringe vergeleke met sy voorganger, soos omvattender omskrewe reëls en 'n grootliks uitgebreide woordelys en afkortinglys. Die woordelys bevat meer inligting, soos meer verkleiningsvorme, trappe van vergelyking, adjektiwies gebruikte voltooide deelwoorde en samestellings waarvan die skryfwyse problematies kan wees. Terselfdertyd lewer van die reëls probleme op omdat hulle onnodig kompliserend is, ontoereikend geformuleer is, eensoortig geïllustreer is of prakties moeilik toegepas word. Daar is ook heelwat oënskynlike inkonsekwenthede in die woordelys wat vir die gewone gebruiker onbegryplik en verwarrend is. Die gevolgtrekking is dat hoewel die AWS8 in sommige opsigte gebruikersvriendeliker as sy voorganger is, daar by die opstel daarvan skynbaar te seksioneel te werk gegaan is en dat hegter koördinering nodig was. Baie tekortkominge sou uitgeskakel gewees het as die konseppublikasie eers aan taalpraktisyns voorgelê is om in die praktyk te toets. <b>Sleutelwoorde:</b> afkortings, afstandsamestellings, breukname, eienaamreël, eietydse woorde, geheelindruk, indeks, inkonsekwenthede, nuwe reëls, omvattender omskrywings, spelreëls, taalname, teksversorging, telwoorde, terme, trappe van vergelyking, uitbreidings, verkleinwoorde, voegsels, voltooide deelwoorde, woordelys
Comment citer
McLachlan, J. du T. (1). Die nuwe <i>AWS</i&gt; in die praktyk: ’n gebruikersoorsig na twee jaar. Lexikos, 3(1). https://doi.org/10.5788/3-1-1104
Rubrique
Resensieartikels/Review Articles