Ideologiese polisemie in verklarende Afrikaanse woordeboeke

  • Adelia Carstens Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Résumé

Afrikaanse woordeboeke word dikwels gekritiseer met betrekking tot die bevooroordeelde wyse waarop ideologies gelade lemmas en betekenisonderskeidings hanteer word. Ten einde die ideologiese wanbalans te herstel, moet teoriegebaseerde strategieë vir die prosessering van polities-ideologiese lemmas en betekenisonderskeidings ontwerp word. In navolging van Duitse kundiges soos Dieckmann, Hermanns en Strauss word die verskynsel waarby 'n enkele leksikale item variante ideologiese subbetekenisonderskeidings vertoon, met die term 'ideologiese polisemie' benoem en die verskynsel word grondig ondersoek. 'n Tipologie van semantiese skemas word geponeer op grond van spesifieke geledinge in die subbetekenisonderskeidings van politiesideologiese leksikale items. Elke tipologiese kategorie word toegelig met behulp van 'n semantiese skema vir 'n prototipiese lid van daardie kategorie. Die skemas word dan diagnosties toegepas op geselekteerde woordeboekinskrywings ten einde die heuristiese waarde daarvan te illustreer vir die identifisering en korrigering van ideologiese eensydigheid en diskriminasie in verklarende Afrikaanse woordeboeke.  
Comment citer
Carstens, A. (1). Ideologiese polisemie in verklarende Afrikaanse woordeboeke. Lexikos, 4(1). https://doi.org/10.5788/4-1-1074
Rubrique
Navorsingsartikels / Research Articles