<i>Basiswoordeboek van Afrikaans</i>

  • A.N. Otto Universiteit Vista, Port Elizabeth, Suid-Afrika

Résumé

<i>Basiswoordeboek van Afrikaans</i> (voortaan <i>BA</i>) is die eerste Afrikaanse verklarende aanleerderwoordeboek. Dit is veral gerig op aanleerders wat Afrikaans as 'n tweede, derde of vierde taal aanleer. Aangesien die woordeskat beperk is tot 'n baie eenvoudige vlak, behoort die meerderheid gebruikers die woordeskat van <i>BA</i> te kan verstaan. Die beperking van die makrostruktuur skep enkele probleme, wat uitgewys word. <i>BA</i> is 'n gebruikersvriendelike woordeboek waarin inligting oor die algemeen maklik opgespoor en ontsluit kan word. Uitspraakleiding word slegs by woorde waar probleme definitief sal opduik, verskaf. Potensiële spelfoute word d.m.v. teksbokse onder gebruikers se aandag gebring. Morfologiese en sintaktiese leiding word volledig aangedui en dit verseker die kitsherwinning van inligting. Goeie sintaktiese leiding word ook in die voorbeeldsinne en teksbokse verskaf. Definisies is verstaanbaar omdat hulle uit kort volsinne bestaan wat gebaseer is op natuurlike gesproke en veral geskrewe Afrikaans. Die betekenis van leksikale items word in konteks verklaar en in die meeste gevalle verskaf die definiens ook 'n illustrasie van die lemma in sy tipiese grammatikale konteks. Semantiese verhoudings soos polisemie, homonimie, sinonimie en antonimie geniet ook meer aandag in hierdie woordeboek as in die verklarende Afrikaanse handwoordeboeke. Dit is veral <i>BA</i> se voorbeeldsinne en teksbokse wat die nodige gebruiksleiding vir enkodering verskaf. In die geheel beskou, kan <i>BA</i> help om die kommunikatiewe vermoë van niemoedertaalsprekers van Afrikaans te verbeter.  
Comment citer
Otto, A. (1). <i>Basiswoordeboek van Afrikaans</i&gt;. Lexikos, 5(1). https://doi.org/10.5788/5-1-1066
Rubrique
Resensies/Reviews