Die <i>Afrikaanse Verklarende Musiekwoordeboek</i>

  • I.J. Grové Universiteit van Stellenbosch, Stellenbosch, Suid-Afrika

Résumé

Die <i>Afrikaanse Verklarende Musiekwoordeboek</i> (1994) is bedoel om 'n wesenlike leemte in die musiekliteratuur vir die Afrikaanssprekende musiekgeïnteresseerde te vul. Die boek gee kortliks insae in basiese aspekte van die musieknotasie, gevolg deur 'n alfabetiese woordelys, met, as derde afdeling, 'n lys van sommige Suid-Afrikaanse komponiste en hulle werke. Laasgenoemde berus grotendeels (sonder erkenning) op gegewens uit die <i>Suid-Afrikaanse Musiekensiklopedie</i> (1980-1986). Die outeur poog om 'n Afrikaanse ekwivalent vir die internasionaal gewilde Amerikaanse <i>Harvard Dictionary of Music</i> (nuutste uitgawe 1986) daar te stel. In die proses word ruimskoots gesteun op daardie publikasie as hoofbron, weer eens sonder om pertinent erkenning daarvoor te gee. Die werkwyse kom neer op 'n min of meer willekeurige seleksie van gegewens, wat soms foutief vertaal of verkeerd verstaan word of verwarrend aangebied word. Een van die gevolge van hierdie werkwyse is 'n onnodige aksent op die Amerikaanse scenario, ten koste van 'n potensiële weerspieëling van die Suid-Afrikaanse musieksamelewing. Sekere musiekwetenskaplik sentrale temas en terme word weggelaat of onderbeklemtoon, dikwels ten gunste van irrelevanthede. Die buitensporige lengte van 'n artikel soos die een oor musiekgeskiedenis illustreer 'n gebrek aan balans in die publikasie, asook wesenlike tekortkominge t.o.v. 'n werkbare en konsekwente kruisverwysingsisteem. Die taalgebruik word gekenmerk deur 'n oorwegend informele styl, wat soms nie anders nie as slordig en lomp bestempel kan word. Die verstommende feit dat daar klaarblyklik van geen medewerkers gebruik gemaak is nie, dra grootliks daartoe by dat die publikasie grootliks faal as toevoeging tot die skrale Afrikaanse vakmusiekliteratuur.  
Comment citer
Grové, I. (1). Die <i>Afrikaanse Verklarende Musiekwoordeboek</i&gt;. Lexikos, 5(1). https://doi.org/10.5788/5-1-1062
Rubrique
Resensieartikels/Review Articles