'n Kritiese beskouing van <i>HAT</i>3

  • Adelia Carstens Universiteit van Pretoria, Pretoria, Suid-Afrika

Résumé

<i>HAT</i> kan beskou word een van die mees gebruikte en mees gesaghebbende tafelwoordeboeke in Afrikaans. Op grond van hierdie status en gesag kan verwag word dat die derde hersiene en uitgebreide uitgawe wat in 1994 verskyn het, rekenskap sal gee van belangrike veranderinge wat hulle tydens die afgelope dekade in die Afrikaanssprekende gemeenskap voltrek het. Hieronder ressorteer veral sosiopolitieke veranderinge, groter versoening tussen Standaardafrikaans en Omgangsafrikaans, en 'n verskuiwing van elitisme na populisme. Eerstens word die voorwerk van <i>HAT<i>3 beoordeel op grond van die mate waarin hierdie tendense verreken is. Tweedens word enkele aspekte van die mikro- en makrostruktuur bespreek met betrekking tot die wyse waarop die letter en gees van die <i>Voorwoord</i> vergestalt word. Aspekte wat ondersoek word, is deskriptiwiteit en preskriptiwiteit, gebruikersgerigtheid, ideologie, lemmakeuse asook die gemotiveerde en sistematiese verantwoording van leksikografiese en tipografiese konvensies. Daar word tot die slotsom gekom dat die derde uitgawe 'n besliste verbetering op die tweede is, veral betreffende ideologiese sensitiwiteit, gebruikersvriendelikheid en 'n doelbewuste breuk met die taalpuristiese woordeboektradisie van die verlede. <b>Sleutelwoorde:</b> affiks, definisie, deskriptiwiteit, elitisme, etiket, gebruikersvriendelikheid, gebruikersgerigtheid, gebruiksvoorbeeld, handwoordeboek, hat, ideologie, kruisverwysing, populisme, preskriptiwiteit, semantiese verandering, sitaat, tafelwoordeboek, tegnostam, verklarende handwoordeboek van die afrikaanse taal, voorwerk, voorwoord
Publié-e
2012-12-18
Comment citer
Carstens, A. (2012). ’n Kritiese beskouing van <i>HAT</i&gt;3. Lexikos, 5(1). https://doi.org/10.5788/5-1-1061
Rubrique
Resensieartikels/Review Articles