Dalene Müller. Skryf Afrikaans van A tot Z
Abstract
Vanuit die ivoortorings van Afrikaans word in suiwer, akademiese taal oor taalkwessies en die voortbestaan van Afrikaans besin, maar intussen is daar 'n geslag leerders en studente wie se taalvermoëns met rasse skrede aan die kwyn is. Oor die afgelope jare word daar voortdurend in die kolomme van koerante hieroor geskryf. In die lig hiervan is die verskyning van Skryf Afrikaans van A tot Z (SAAZ), 'n praktiese skryfgids oor bykans elke denkbare aspek van taal-gebruik en -versorging, nie alleen aktueel nie, maar noodsaaklik.Copyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0