Academic Word Families in Online English Dictionaries
Samenvatting
Akademiese woordfamilies in aanlyn Engelse woordeboeke. Die woordfamilie-konsep is reeds wyd in woordeskatnavorsing in die onderrig en aanleer van vreemde en tweede tale ingespan. Die onderliggende aanname word gemaak dat wanneer leerders een lid van 'n woordfamilie ken, hulle ook ander lede kan herken. Empiriese navorsing steun hierdie aanname ten opsigte van reseptiewe kennis van fleksieverwante woordvorme. Studies van akademiese skryfwerk toon egter dat die gebruik van toepaslik afgeleide vorme van 'n bekende woord 'n uitdaging bied, wat daarop dui dat daar 'n behoefte aan woordeboeke met morfologiese steun vir skrywers bestaan. Tradisioneel kon, deels weens ruimtebeperkings, nie aan hierdie behoefte in papiergebaseerde woordeboeke voldoen word nie. In hierdie studie word beoog om vas te stel of daar in vyf aanlyn Engelse woordeboekwebtuistes wel hieraan voldoen word. Die hantering van vier-en-sewentig akademiese woordvorme waarmee akademiese skrywers sukkel om afleidings daarvan te vorm wanneer hulle die verwante basiswoord teëkom, word geanaliseer. Die resultate dui op goeie verteenwoordiging van die afgeleide vorme in die woordeboekwebtuistes wat ondersoek is, maar toon ook teenstrydighede binne en tussen hulpbronne t.o.v. die metode waarop die vorme hanteer word. Verskille sluit die status as inskrywings of subinskrywings en die voorsiening van skryfhulpkenmerke soos voorbeelde, grammatikale patrone en kollokasie-inligting in. Ten slotte word veranderings aan die hantering van afleidings voorgestel om akademiese skrywers beter van hulp te kan wees. Sleutelwoorde: akademiese skryfwerk, afgeleide vorme, leksikografie, morfologie, aanlyn woordeboeke, woordeskatverwerwing, woordfamilies, skryfhulp
Gepubliceerd
2024-10-24
Citeerhulp
Rees, G. P. (2024). Academic Word Families in Online English Dictionaries. Lexikos, 34(1), 437-468. https://doi.org/10.5788/34-1-1947
Nummer
Sectie
Artikels/Articles
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.