<i>Klein Woordeboek / Little Dictionary</i>

  • Phillip Adriaan Louw Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Stellenbosch, Stellenbosch

Abstract

Tweetalige vertalende woordeboeke speel 'n belangrike rol in die moderne gebruikersgerigte leksikografie in Suid-Afrika. 'n Bekostigbare tweerigting vertalende sakwoordeboek soos <i>Klein Woordeboek / Little Dictionary</i> met Engels en Afrikaans as behandelde taalpaar het groeiende waarde as draer van noodsaaklike alledaagse taalkundige inligting. Tog is daar nog geen maatstawwe gestel waarvolgens hierdie woordeboeke beoordeel kan word of wat as hulp kan dien by die opstel daarvan nie. In hierdie resensieartikel word daar met <i>Klein Woordeboek / Little Dictionary</i> as gids gepoog om tipologiese antwoorde te vind. Die soektog betrek tradisionele en minder tradisionele tipologiese oorwegings. Dit fokus op die behoeftes van die teikengebruiker en veral die rol van konteksleiding in die bevordering van kommunikatiewe ekwivalensie. <b>Sleutelwoorde:</b> adresseringstruktuur, artikel, betekenisbetrekkinge, betekenisdiskriminasie, bron- en doeltaalpolisemie, doeltaalsinoniemparadigma, dubbele gebruikersadressering, ekwivalentdiskriminasie, gebruikersadressering, gebruikersperspektief, gebruikersprofiel, inligtingsdigtheid, kommunikatiewe ekwivalensie, konteksleiding, leksikografie, lemma, mediostruktuur, mikrostruktuur, organisasieteorie, teikengebruikersgroep, tipologie, toegangstruktuur, toeligting, tweerigting vertalende woordeboek, vertaalekwivalent, vertalende sakwoordeboek   
Veröffentlicht
2012-11-02
Zitationsvorschlag
Louw, P. A. (2012). <i>Klein Woordeboek / Little Dictionary</i&gt;. Lexikos, 7(1). https://doi.org/10.5788/7-1-987
Rubrik
Resensieartikels/Review Articles