Die makrostrukturele vergestalting van affikse en tegnostamme in Afrikaanse vertalende woordeboeke

  • Gerda de Wet Departement van Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Stellenbosch, Suid-Afrika

Abstract

Die Afrikaanse woordeboekgeskiedenis toon dat daar in die verlede veral op die opname van woorde as lemmas in die makrostruktuur gekonsentreer is. Alhoewel die Afrikaanse leksikon hoofsaaklik uit woorde bestaan, kom daar egter ook twee ander tipes leksikale items voor, naamlik subleksikale items (bv. stamme en affikse) en multileksikale items (bv. vaste uitdrukkings en idiome). In hierdie artikel val die klem op die opname en aanbieding van subleksikale items in Afrikaanse vertalende woordeboeke, dit wil sê standaard vertalende handwoordeboeke met Afrikaans en Engels as taalpaar. <i>Groot Woordeboek/Major Dictionary</i> (GW) en <i>Tweetalige Woordeboek/Bilingual Dictionary</i> (TW) wat tot dié kategorie behoort, is die woordeboeke onder bespreking. Die bespreking sluit 'n kritiese evaluering in van die opname en aanbieding van subleksikale lemmas aan die hand van bestaande metaleksikografiese uitgangspunte. Die teoretiese bespreking is deurgaans op die leksikografiese praktyk gerig en woordeboekartikels word daarom aan die hand van teoretiese beginsels geëvalueer.Uit die ondersoek na die makrostrukturele vergestalting van subleksikale lemmas in GW en TW, blyk dit dat 'n groter verskeidenheid stamme as affikse in hierdie woordeboeke opgeneem word. Waar affikse wel opgeneem word, word hulle kariger behandel as stamme. Daar is ook 'n behoefte aan die insluiting van vollediger en omvattender instruksies vir die gebruiker in albei woordeboeke.
Veröffentlicht
2012-09-12
Zitationsvorschlag
de Wet, G. (2012). Die makrostrukturele vergestalting van affikse en tegnostamme in Afrikaanse vertalende woordeboeke. Lexikos, 8(1). https://doi.org/10.5788/8-1-951
Rubrik
Beskouende artikels / Contemplative Articles