Die mikrostrukturele bewerking van affikse in Afrikaanse vertalende woordeboeke

  • Gerda de Wet Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Stellenbosch, Stellenbosch, Republiek van Suid-Afrika

Abstract

Die mikrostrukturele bewerking van affigale lemmas in Afrikaanse vertalende woordeboeke is tans nog onvoldoende. In die woordeboeke onder bespreking, naamlik <i>Tweetalige Woordeboek / Bilingual Dictionary</i> (TW) en <i>Groot Woordeboek / Major Dictionary</i> (GW) wat tans as die toonaangewende vertalende handwoordeboeke beskou word, word affikse selde opgeneem. En waar hulle wel as affigale lemmas opgeneem word, is die bewerking oppervlakkig. GW en TW is nie baie gebruikersvriendelik nie en dwing die gebruiker om in 'n groot mate op sy/haar intuïsie staat te maak vir die betekenis en gebruik van affigale lemmas. Gevolglik vervul hierdie woordeboeke nie hulle rol as inligtingsbronne konsekwent nie. Hierdie artikel beskou 'n aantal inligtingstipes waarvolgens die leksikograaf affigale lemmas in die woordeboek behoort te bewerk, sodat hulle vir die gebruiker van waarde is. Hierdie kategorieë sluit semantiese inligting soos polisemie, homonimie en sinonimie, etimologiese inligting, asook uitspraak- en grammatikale inligting in.
Veröffentlicht
2012-08-29
Zitationsvorschlag
de Wet, G. (2012). Die mikrostrukturele bewerking van affikse in Afrikaanse vertalende woordeboeke. Lexikos, 9(1). https://doi.org/10.5788/9-1-913
Rubrik
Beskouende artikels / Contemplative Articles