Voorbeelde en ooradressering in tweetalige woordeboeke

  • Herman L. Beyer Departement Taal- en Literatuurstudie Universiteit van Namibië Windhoek Namibië en Departement Afrikaans en Nederlands Universiteit Stellenbosch Stellenbosch Suid-Afrika

Abstract

Opsomming: Adresseringsekwivalensie geld in 'n woordeboekartikel wanneer al die vertaalekwivalente in die vertaalekwivalentparadigma neerslag vind in die doeltaalvoorbeelde in die koteksafdeling en elke doeltaalvoorbeeld 'n vertaalekwivalent bevat wat in die vertaalekwivalentparadigma voorkom. Die versteuring van hierdie ekwivalensie vind plaas deur prosedures van onderadressering (wanneer nie al die vertaalekwivalente in die vertaalekwivalentparadigma in doeltaalvoorbeelde in die koteksafdeling neerslag vind nie) en ooradressering (wanneer doeltaalvoorbeelde vertaalekwivalente bevat wat nie in die vertaalekwivalentparadigma voorkom nie). In 'n polifunksionele tweetalige woordeboek verteenwoordig adresseringsekwivalensie die ideale adresseringstruktuur tussen vertaalekwivalentparadigma en koteksafdeling. In Afrikaanse tweetalige woordeboeke is adresseringsekwivalensie egter skaars, maar dit blyk in tweetalige woordeboeke van ander tale ook die geval te wees. Hoewel gevalle van onderadressering relatief maklik geneutraliseer kan word, bevind 'n dieper ondersoek na gevalle van ooradressering dat die meeste doeltaalvoorbeelde wat simptomaties van ooradressering blyk te wees, wel tot kommunikatiewe ekwivalensie bydra ten spyte van 'n oënskynlik gebrekkige adresseringstruktuur. Dít is omdat hierdie doeltaalvoorbeelde nie as ware voorbeelde (wat die optrede van vertaalekwivalente illustreer) funksioneer nie, maar in der waarheid optree as kotekstuele spesifiseerders wat 'n funksionele prosedure van kontekstuele vertaalekwivalentuitsluiting verteenwoordig, waardeur die teikengebruiker gewys word op die nié-bruikbaarheid van die aangebode vertaalekwivalente in die vertaalekwivalentparadigma in bepaalde kontekste. Hierdie bevinding noop 'n herwaardering van adresseringstrukture in die algemeen en die beginsel van adresseringsekwivalensie in die besonder.Sleutelwoorde: adresseringsekwivalensie; adresseringstruktuur; brontaalkoteksinskrywing; direkte adres; doeltaalkoteksinskrywing; ekwivalentverhouding; funksie; indirekte adres; kommunikatiewe ekwivalensie; konteks; kontekstualiserende inskrywings; kontekstuele vertaalekwivalentuitsluiting; koteks; koteksafdeling; koteksinskrywing; kontekstuele illustrator; kotekstuele spesifiseerder; lemma; onderadressering; ooradressering; polifunksionele tweetalige woordeboek; primêre adres; sekondêre adres; skynadressering; vertaalekwivalent; vertaalekwivalentparadigma; voorbeeld; ware voorbeeld
Veröffentlicht
2012-01-18
Zitationsvorschlag
Beyer, H. L. (2012). Voorbeelde en ooradressering in tweetalige woordeboeke. Lexikos, 21(1). https://doi.org/10.5788/21-1-38
Rubrik
Artikels/Articles