Innoverende toegangsroetes in selfoonwoordeboeke

  • André H. du Plessis Buro van die WAT, Stellenbosch, Suid-Afrika; Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch, Suid-Afrika

Abstract

Die toegangstruktuur van enige woordeboek is 'n belangrike struktuur omdat dit vir gebruikers 'n manier gee om die verlangde data te verkry of inligting te onttrek. Hierdie struktuur oorvleuel dikwels met alle ander woordeboekstrukture, hetsy die makro-, mikro- of kruisverwysingstruktuur, en sodoende vorm al hierdie strukture in werklikheid die roetes wat gebruikers volg om sy of haar leksikografiese behoeftes te probeer bevredig. In gedrukte woordeboeke word die toegangstruktuur reeds op die voorblad aangetref, terwyl dit in elektroniese of aanlyn woordeboeke gewoonlik al op die tuis- of landingsblad sigbaar is (Du Plessis 2015: 51-52). Gouws en Prinsloo (2005: 64) verwys na twee verskillende tipes toegangstrukture, naamlik die eksterne toegangstruktuur, wat verband hou met die soekroetes wat die gebruiker na die lemma neem, en die interne toegangstruktuur, wat o.a. die soekroetes en -sones binne die artikel self behels. Met aanlyn en selfoonwoordeboeke word die tradisionele funksies en gebruike van woordeboekstrukture aangepas vir die medium en om die gebruiker se behoeftes vinniger en makliker te bevredig. Dit het egter die gevolg dat dit soms moeilik is om tussen die verskillende woordeboekstrukture te onderskei (Müller-Spitzer 2013: 368-369). Die gelukkige toeval daarvan is dat e‑woordeboeke meer vryheid het om op nuwe en innoverende maniere gebruikers na leksikografiese materiaal te lei. Hierdie artikel het ten doel om van hierdie innoverende toegangsroetes in veral selfoonwoordeboeke uit te lig en te evalueer. Dit word gedoen ten einde te bepaal watter toegangsroetes verdere aandag verdien of wat as standaardpraktyk in selfoon- en ander e-woordeboeke oorweeg moet word. Sleutelwoorde: eksterne toegangstruktuur, e-leksikografie, elektroniese woordeboeke, interne toegangstruktuur, selfoonleksikografie, selfoonwoordeboeke, slimfone, slimfoon, soekroetes, toegangroetes, toegangstruktuur, toepassings, woordeboekstrukture
Veröffentlicht
2022-12-07
Zitationsvorschlag
du Plessis, A. H. (2022). Innoverende toegangsroetes in selfoonwoordeboeke. Lexikos, 32(3), 49-77. https://doi.org/10.5788/32-3-1731