Theoretical and Practical Reflections on Specialized Lexicography in African Languages

  • Dion Nkomo School of Languages and Literatures: African Language Studies, Rhodes University, Makhanda (Grahamstown), South Africa

Abstract

Teoretiese en praktiese gedagtes oor die gespesialiseerde leksikografie in Afrikatale.In hierdie artikel word gedagtes oor sommige gespesialiseerde leksikografiese/terminografiese hulpbronne wat in Afrikatale saamgestel word, weergegee. Dié hulpbronne word geskep om 'n bydrae te lewer tot die intellektualisering van hierdie tale vir uitgebreide funksionele gebruik. Daar word gefokus op lemmaseleksie, op die verskaffing van data/inligting vir die lemmas wat ingesluit is en op strukturele aspekte van die hulpbronne wat ondersoek is. In die artikel word daar met betrekking tot die eerste fokusarea 'n gebrek aan 'n sistematiese benadering tot lemmaseleksie geïdentifiseer wat die moontlikhede van die hulpbronne as kommunikatiewe en kognitiewe hulpmiddels in gespesialiseerde onderwerpsvelde en dissiplines beperk. Tweedens word, met verwysing na die aanduiding van datakategorieë, gevalle van onvoldoende inligting en gevalle van insluiting van irrelevante inligting geïdentifiseer wat albei implikasies vir die funksionele waarde van die hulpbronne binne gespesialiseerde domeine inhou. Laastens dui gedagtes oor aspekte van woordeboekstruktuur op substandaard strukturele ontwerpe wat die gebruikersvriendelikheid van die hulpbronne beïnvloed, maar sommige innoverende strukturele ontwerpe word ook geïdentifiseer. In die geheel beskou, word in hierdie artikel gepleit vir 'n strenger leksikografiese orientëring in terme van die teoretiese basis wat die skep van gespesialiseerde leksikografiese/ terminografiese hulpbronne in Afrikatale rig.
Veröffentlicht
2019-11-29
Zitationsvorschlag
Nkomo, D. (2019). Theoretical and Practical Reflections on Specialized Lexicography in African Languages. Lexikos, 29(1). https://doi.org/10.5788/29-1-1514
Rubrik
Artikels/Articles