Woordeboek en gebruik: 'n bose kringloop

  • A.F. Prinsloo Taalburo, Suid-Afikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK)

Abstract

Dié studie ondersoek die stelling dat Afrikaanse verklarende en vertalende woordeboeke as gevolg van die ekserpering van bykans uitsluitlik gepubliseerde stof 'n bose kringloop tot stand bring waardeur leksikale items wat deur opgevoede moedertaalsprekers van Afrikaans as standaardtaal beskou word, uit die woordeboek geweer word. Die taalgebruik in die geëkserpeerde publikasies (boeke, tydskrifte, koerante) word naamlik altyd in mindere of meerdere mate taalversorg deur taalpraktisyns wat op hulle beurt weer die voorskrifte van die woordeboek volg. Hierdeur kom 'n bose kringloop tot stand wat in die woordeboek verder verskans word deur leksikografiese normeringstegnieke soos weglating en/of afwysende etikettering. Veral drie sake word in dié studie bespreek, naamlik (a) die voorskrifte aan die voorskrywers (die leksikograwe), (b) die behandeling van sestien leksikale items in woordeboeke en taalhandleidings, en (c) die resultate van 'n empiriese ondersoek van dié sestien gevalle onder vyf groepe opgevoede moedertaalsprekers ('n totaal van 102 respondente). Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat Afrikaanse verklarende en vertalende woordeboeke tot dusver nie die gebruiklikheid van dié gevalle (en by implikasie ook van talle ander) weerspieël nie.  
Zitationsvorschlag
Prinsloo, A. (1). Woordeboek en gebruik: ’n bose kringloop. Lexikos, 1(1). https://doi.org/10.5788/1-1-1156
Rubrik
Artikels/Articles