Die aard en aanbieding van die leksikografiese definisie

  • F.J. Lombard Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal

Abstract

Die leksikografiese definisie word steeds beskou as die belangrikste inskrywing in 'n woordeboekartikel. Soos by ander woordeboekinskrywings, is dit belangrik dat hierdie sentrale inskrywing by die taalwerklikheid moet aansluit. Om dit te bereik, moet die leksikograaf sy definiense sover moontlik op voorbeeldmateriaal uit die geskrewe en gesproke taalgebruik baseer. Na hierdie onderliggende aspek van die leksikografiese definisie word daar gekyk. Daar word ook aandag gegee aan enkele maniere waarop die leksikografiese definisie aangebied kan word. Van hierdie maniere is die genus-differentiae-definisie, die sinoniemdefinisie, die sirkeldefinisie en die deskriptiewe definisie waarskynlik die bekendste. Na die verskeie kriteria wat toegepas kan word by die beoordeling van definiense word daar ook gekyk. Van hierdie kriteria word volledigheid, helderheid, akkuraatheid, konsekwentheid, selfstandigheid, objektiwiteit en neutraliteit aan bod gestel, aangesien hulle na my mening die betekenisvolste kriteria is. <b>Sleutelwoorde:</b> leksikografiese definisie; taalwerklikheid; genus-differentiae-definisies; sinoniemdefinisies; sirkeldefinisies; deskriptiewe definisies; volledigheid; helderheid; akkuraatheid; konsekwentheid; selfstandigheid; objektiwiteit; neutraliteit; komponensiële analise; gebruikersvriendelikheid; polisemie
Zitationsvorschlag
Lombard, F. (1). Die aard en aanbieding van die leksikografiese definisie. Lexikos, 1(1). https://doi.org/10.5788/1-1-1154
Rubrik
Artikels/Articles