Die rekenarisering van die leksikografiese prosesse in die Buro van die WAT

  • P. Harteveld Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal

Abstract

Die Buro van die WAT het in Augustus 1987 sy leksikografiese prosesse begin rekenariseer. Hierdie artikel beskryf die voordele van rekenarisering, die fases van die proses, die probleme daaraan verbonde en die resultate wat behaal is. In die eerste fase (1987-1989) is die rekenaar hoofsaaklik as woordverwerker vir die maak van manuskrip gebruik. Die woordeboekteks kon egter nie elektronies na die eksterne drukkery oorgedra word nie. Die tweede fase (1990 en verder) behels die aanpassing van programmatuur by die behoeftes van die personeel, die uitbreiding van die rekenaarstelsel en die skepping van 'n elektroniese taaldatabasis. Sowel onverwerkte taalmateriaal bestaande uit meer as drie miljoen optekeninge in kaartvorm as verwerkte materiaal uit die reeds gepubliseerde dele van die <i>WAT</i> moet in hierdie databasis opgeneem word. Verder word 'n rekenaarveldstruktuur voorgestel waarvolgens inligting op skerm in die woordeboek ingeskryf word met die oog op die meerdoelige onttrekking daarvan aan die gevolglike teksdatabasis. Regstreekse elektroniese oordrag van manuskripteks na die Buro se interne reprografiese afdeling, asook interne bladuitleg en drukwerk is nou 'n werklikheid. Toekomstige rekenaaraanwendings ter bespoediging van die redaksionele prosesse word ook aangedui. <b>Sleutelwoorde:</b> rekenarisering; leksikografiese prosesse; Buro van die WAT; woordverwerking; programmatuur; apparatuur; elektroniese taaldatabasis; veldstruktuur vir woordeboekinskrywing en dataonttrekking; redigering op skerm; teksdatabasis; meerdoelige dataonttrekking; elektroniese oordrag van manuskrip; kantoorpublikasie
Zitationsvorschlag
Harteveld, P. (1). Die rekenarisering van die leksikografiese prosesse in die Buro van die WAT. Lexikos, 1(1). https://doi.org/10.5788/1-1-1153
Rubrik
Artikels/Articles