Sintagmatiese leksikale betrekkinge in Afrikaans

  • L.G. de Stadler Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Stellenbosch

Abstract

Sedert die werk van Porzig (1934) word daar aanvaar dat sintagmatiese leksikale betrekkinge ('n tipe betekenisbetrekking wat bestaan tussen twee leksikale items op 'n sintagmatiese vlak, soos in die geval van hond en blaf) ook verreken moet word in 'n teorie oor leksikale struktuur. Hoewel verskeie navorsers in die verlede hierdie onderwerp aangespreek het, het dit nie die aandag gekry wat dit verdien nie, veral nie in die Afrikaanse taalwetenskap nie. In hierdie artikel sal ek sintagmatiese leksikale betrekkinge kontrasteer met paradigmatiese leksikale betrekkinge, wys op verskillende tipes sintagmatiese betrekkinge en aantoon watter relevansie hierdie verskynsel vir die leksikografie het.  
Zitationsvorschlag
de Stadler, L. (1). Sintagmatiese leksikale betrekkinge in Afrikaans. Lexikos, 1(1). https://doi.org/10.5788/1-1-1149
Rubrik
Artikels/Articles