Taalseksisme as 'n vorm van eensydige leksikografie
Abstract
As tussenganger tussen die taalkunde en die maatskappy bring die woordeboek die taalkunde op 'n besondere wyse by die taalgebruiker uit. Hierbenewens word daar egter ook 'n pragmatiese benadering van die leksikograaf verwag, in dié sin dat die leiding wat die woordeboek gee 'n weerspieëling moet wees van werklike taalgebruik. Woordeboeke beskik dus in 'n sekere sin oor beide 'n normatiewe en 'n informatiewe karakter. Voeg hierby die feit dat woordeboeke as gesaghebbende naslaanbronne gebruik word, en die moontlikheid dat dit bydra tot die versterking en behoud van bepaalde taalpatrone is nie uitgesluit nie. In 'n tyd waarin daar toenemend aandag gegee word aan die bevooroordeelde kategorisering van die vrou, staan die woordeboek as kulturele gesagsbron ook onder verdenking. Die moontlikheid dat woordeboeke deur middel van eensydige leksikografie kan bydra tot stereotiepe roltoewysings en seksistiese aannames word in hierdie artikel bespreek. Woorde onder die letter M is in sowel 'n tweetalige as verklarende woordeboek nagegaan om te bepaal of dié woordeboeke hulle inderdaad aan taalseksisme skuldig maak.Copyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0