Los of vas geskryf: die leksikograaf, die spelreëls en die taalwerklikheid

  • W.F. Botha Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal

Abstract

Los en vas geskrewe leksikale items is items wat in dieselfde volgorde, sonder die tussenkoms van ander leksikale elemente, en met eenderse betekenis in woordgroep- of kompositumvorm kan voorkom, bv. <i>weer eens/weereens</i>. Tussen die spelreëls rondom hierdie verskynsel en die taalwerklikheid bestaan daar soms 'n botsing. Die leksikografiese hantering van botsings tussen die spelreëls en die taalwerklikheid word bepaal deur die tipe woordeboek wat ter sprake is. Die omvattende woordeboek met sy deskriptiewe karakter bepaal hom slegs by die weerspieëling van die taalwerklikheid terwyl die handwoordeboek (standaardwoordeboek) vanweë sy preskriptiewe karakter slegs korrekte taalgebruik, soos bv. deur die spelreëls bepaal, weergee. Met die verskyning van die 1991-uitgawe van die <i>Afrikaanse Woordelys en Spelreëls</i> het die spelreëls en die taalwerklikheid nader aan mekaar beweeg en die taak van die leksikograaf merkbaar vergemaklik. Voorstelle vir alternatiewe hanteringswyses en die verbetering van huidige hanteringswyses van los en vas geskrewe items in verklarende Afrikaanse woordeboeke word gemaak.  
Zitationsvorschlag
Botha, W. (1). Los of vas geskryf: die leksikograaf, die spelreëls en die taalwerklikheid. Lexikos, 2(1). https://doi.org/10.5788/2-1-1125
Rubrik
Artikels/Articles