Grammatiese inligting ten opsigte van adjektiewe in aanleerderwoordeboeke

  • Anna Nel Otto Departement Afrikaans, Universiteit Vista, Port Elizabeth, Suid-Afrika

Abstract

Aangesien 'n aanleerderwoordeboek vir sowel dekodering as enkodering gebruik word, moet dit baie meer grammatiese inligting (eksplisiet aangedui) as standaardwoordeboeke bevat. Gevolglik moet daar byvoorbeeld ten opsigte van adjektiewe aandag geskenk word aan: 'n aanduiding of adjektiewe verbuig moet word of nie, trappe van vergelyking, 'n volledige identifikasie van adjektiewe, 'n aanduiding of adjektiewe net attributief of net predikatief kan optree, die verskillende wyses waarop <i>so</i> en <i>sulke</i> gebruik word, die feit dat nie alle "voltooide deelwoorde" uit lydende vorme met <i>wees</i> gevorm kan word nie, die voorsiening van 'n spellys met die name van mense, lande, plekke, volkere, stamme, tale, asook afleidings daarvan, kruisverwysings tussen selfstandige naamwoorde/werkwoorde en hul adjektiwiese korrelate indien daar groot verskille tussen hulle is, en die aandui van adjektiefkomplemente. Die waarde van valensieteorie by die bepaling van adjektiefkomplemente word ondersoek en daar word gewys op die belangrikheid van 'n onderskeid tussen verpligte en perifere komplemente vir sowel aanleerders as onderwysers. Die linguistiese kategorieë wat in Afrikaans as adjektiefkomplemente kan optree, word voorlopig aangedui, maar daar word op gewys dat verdere navorsing oor hierdie aspek nodig is.
Zitationsvorschlag
Otto, A. N. (1). Grammatiese inligting ten opsigte van adjektiewe in aanleerderwoordeboeke. Lexikos, 3(1). https://doi.org/10.5788/3-1-1106
Rubrik
Artikels/Articles