<i>Tweetalige Aanleerderswoordeboek. Bilingual Learner's Dictionary</i>

  • Anna Nel Otto Universiteit Vista, Port Elizabeth, Suid-Afrika

Abstract

In hierdie resensieartikel konsentreer die bespreking op die doel van aanleerderwoordeboeke, nl. om die niemoedertaalspreker se kommunikatiewe vermoë te verbeter, en op gebruiksleiding in aanleerderwoordeboeke. Daar word gewys op die feit dat teikengebruikers duidelik vasgestel en 'n behoeftebepaling voor die saamstel van die woordeboek gedoen moet word. Die funksie van die woordeboek moet duidelik vasgestel en deurgaans in aanmerking geneem word en die woordeboek moet, ideaal gesien, 'n geskikte medium vir sowel dekodering as enkodering wees. Dit wil voorkom asof die TA 'n besonder geskikte medium vir dekodering is, aangesien die woordeskat eenvoudig is, die grammatiese inligting nie ingewikkeld is nie en die voorbeeldsinne hoofsaaklik bestaan uit woorde wat as trefwoorde opgeneem is. Die TA is egter nie deurgaans 'n geskikte medium vir enkodering nie. Korrekte uitspraak word nie verseker nie, aangesien slegs lettergreepverdeling en die hoofklem in woorde aangedui word. Grammatiese leiding is ook nie sodanig dat aanleerders in staat gestel kan word om selfstandig korrekte sinne te genereer nie. Daar word verder gewys op die rol wat kontrastiewe analise en foute-analise kan speel om aanleerders se probleme te antisipeer. Voorbeeldsinne weerspieël meestal alledaagse situasies, maar nie alle voorbeeldsinne klink natuurlik of weerspieël tipiese taalgebruik nie. Baie min CA- en EN-kollokasies is in die TA opgeneem en die kollokasies wat wel opgeneem is, word nie konsekwent hanteer nie. <b>Sleutelwoorde:</b> ca-kollokasies, dekodering, doel van woordeboek, enkodering, en-kollokasies, etikette, foute-analise, gebruiksleiding, gebruiksnotas, grammatiese leiding, kollokasies, kommunikatiewe vermoë, kontrastiewe analise, teikengebruikers, tweetalige aanleerderwoordeboek, uitspraakleiding, voorbeeldsinne
Zitationsvorschlag
Otto, A. N. (1). <i>Tweetalige Aanleerderswoordeboek. Bilingual Learner’s Dictionary</i&gt;. Lexikos, 4(1). https://doi.org/10.5788/4-1-1085
Rubrik
Resensieartikels/Review Articles