<i>Verklarende Afrikaanse woordeboek</i>8 as spieël van normverplasing

  • Adelia Carstens Universiteit van Pretoria, Pretoria, Suid-Afrika

Abstract

Normverplasing word beskou as 'n proses waartydens 'n norm of 'n stel norme geleidelik vervang word deur 'n ander norm of stel norme. Oor 'n bepaalde tydperk --- selfs 'n dekade --- vind diverse tipes normverplasings in 'n taalgemeenskap plaas. Hierdie verskuiwings word dikwels gereflekteer in wetenskapsbeskouinge, sosiale gedrag en taalgebruik. Die standaard sinchroniese woordeboeke van 'n taal behoort normverplasings te weerspieël, veral indien laasgenoemde geleksikaliseer is in die betrokke taal. In hierdie resensie word <i>VAW8</i> veral beoordeel m.b.t. die mate waarin ideologiese, metaleksikografiese en preskriptiewe normverplasings weerspieël word. Lof word uitgespreek vir die wyse waarop die woordeboek rekenskap gee van belangrike sosiale veranderinge, o.a. deur skrapping van neerhalende en beledigende rassistiese lemmas en sensitiewe herdefiniëring van lemmas wat na bepaalde rasgroepe verwys. <i>VAW8</i> word ook geprys vir sensuurverslapping ten opsigte van Engelse leenwoorde en informele taalgebruik. Kritiek word egter uitgespreek teenoor die woordeboek se versuim om belangrike metaleksikografiese ontwikkelinge van die afgelope dekade te weerspieël. Na die resensent se mening sou die implementering van teoretiese insigte kon bydra tot verhoogde sistematiek en gebruikersvriendelikheid asook tot vinniger inligtingontsluiting. <b>Sleutelwoorde:</b> definiens, ensiklopedies, etiket, handwoordeboek, ideologie, kollokasie, metaleksikografie, multileksikale lemma, normverandering, normverplasing, normverskuiwing, preskriptiwiteit, rassisme, seksisme, semantiese verskuiwing, spesifisiteit, standaardwoordeboek, subleksikale lemma, verklarende afrikaanse woordeboek, volksnaam
Zitationsvorschlag
Carstens, A. (1). <i>Verklarende Afrikaanse woordeboek</i&gt;8 as spieël van normverplasing. Lexikos, 4(1). https://doi.org/10.5788/4-1-1084
Rubrik
Resensieartikels/Review Articles