Die <i>WAT</i> en etimologie: Word die kringloop voltooi?

  • Willem Botha Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Stellenbosch, Suid-Afrika

Abstract

Die Afrikaanse historiese leksikografie is 'n verwaarloosde dissipline en in die metaleksikografie word die vinger na die <i>Woordeboek van die Afrikaanse Taal</i> se wegskram van etimologiese inligting gewys as een van die hoofoorsake van hierdie toestand. Die <i>WAT</i> beskryf homself egter as 'n omvattende sinchroniese woordeboek wat hoofsaaklik gerig is op die hedendaagse taalgebruik. Tog was dit die ideaal van die eerste hoofredakteur om bondige etimologiese inligting by elke lemma te verskaf --- 'n taak wat geblyk het ver buite sy en toekomstige redaksies se bereik te wees. Praktiese voorstelle word gemaak vir die bevredigende aanbieding van etimologiese inligting oor die Afrikaanse leksikon.  
Zitationsvorschlag
Botha, W. (1). Die <i>WAT</i&gt; en etimologie: Word die kringloop voltooi?. Lexikos, 6(1). https://doi.org/10.5788/6-1-1030
Rubrik
Beskouende artikels / Contemplative Articles