Nasionale leksikografiese eenhede: Verlede, hede, toekoms
Trefwoorden:
algemene woordeboek, amptelike taal, eentalige woordeboek, kulturele diversiteit, leksikografie, meertaligheid, nasionale leksikografiese eenhede, nasionale woordeboek, terminografie, terminologie, tweetalige bedeling
Samenvatting
Hierdie artikel handel oor die nasionale woordeboekkantore tydens die voormalige tweetalige bedeling, die huidige meertalige bedeling waarin kantore vir die elf amptelike nasionale woordeboeke funksioneer, en die toekoms van hierdie kantore. Aspekte van die vorige bedeling word bespreek ten opsigte van die behoefte aan en redes vir die stigting van nasionale woordeboekkantore oftewel nasionale leksikografiese eenhede (NLEe). Die soeklig val op voorskrifte van die wetsontwerp oor nasionale leksikografiese eenhede (1996) vir die stigting van sodanige eenhede, sowel as op hul oordrag van die Departement van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie na die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad. Verder fokus die artikel op die herstrukturering van daardie woordeboekeenhede wat voor die meertalige bedeling bestaan het en die stigting van nuwe woordeboekeenhede vir die amptelike Afrikatale. Die huidige bedeling word ondersoek en die praktiese situasie by die NLEe word bespreek ten opsigte van behuising, administrasie, befondsing, bestuur, opleiding, rekenarisering, samewerking, produksie en dergelike. Die artikel eindig met vrae en bedenkings oor die toekoms van die nasionale leksikografiese eenhede, gevolg deur enkele aanbevelings.
Gepubliceerd
2012-01-17
Citeerhulp
Alberts, M. (2012). Nasionale leksikografiese eenhede: Verlede, hede, toekoms. Lexikos, 21(1). https://doi.org/10.5788/21-1-36
Nummer
Sectie
Artikels/Articles
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.