Avoiding Information Overload — Ways of Exemplifying in Bilingual e-Dictionaries Depending on the Systematicity of the Linguistic Data
Samenvatting
Die vermyding van inligtingoorlading — Metodes om toeligting in tweetalige e-woordeboeke volgens die sistematisiteit van die taalkundige data weer te gee. Alhoewel eentalige woordeboeke meer akademiese aandag geniet het, is tweetalige woordeboeke op alle vlakke noodsaaklik vir leerders. Eietydse elektroniese woordeboeke vir taalleer het geen spasiebeperkings nie, en die inligting wat hulle aanbied, kan omvattend wees. Dit bring die risiko van inligtingoorlading mee — gebruikers kan oorweldig voel en dit moeilik vind om die inligting waarna hulle soek, te identifiseer. E-woordeboekredakteurs moet dus omvattendheid met bruikbaarheid balanseer en besluit watter taalkundige data aangebied moet word. Aangesien voorbeeldmateriaal die data-inskrywing is wat die meeste ruimte in beslag neem, word verskeie tipes voorbeelde oorweeg, en die sistematisiteit van die inligting wat aangebied moet word, is die maatstaf vir die goedkeuring van spesifieke leksikografiese oplossings. Navorsing toon dat korter voorbeelde, soos infinitiewe frases, veralgemenende patrone ondersteun, terwyl volsinne en aanvullende voorbeelde meer komplekse, onvoorspelbare gebruike uitlig. Hierdie artikel stel 'n innoverende tipe voorbeeld, die vertaalde koteksitem, voor om gebruikers te help om gebruiksreëls daarvan af te lei. Uiteindelik beklemtoon die studie dat woordeboeke leerders moet help om voorspelbare strukture intuïtief van taalspesifieke uitdrukkings te onderskei, om sodoende hul vermoë om die doeltaal idiomaties te gebruik, te verbeter. Sleutelwoorde: inligtingoorlading, bruikbaarheid, elektroniese tweetalige leksikografie, data-inskrywings, woordeboekvoorbeeld, taalsistematisiteit
Gepubliceerd
2025-05-06
Citeerhulp
Rascón Caballero, A. (2025). Avoiding Information Overload — Ways of Exemplifying in Bilingual e-Dictionaries Depending on the Systematicity of the Linguistic Data. Lexikos, 35(1), 183-198. https://doi.org/10.5788/35-1-2028
Nummer
Sectie
Artikels/Articles
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.