LEXICC: The Design and Development of an Online Dictionary Writing System

  • Udiluz del Carmen Monsalve Muñoz Instituto Caro y Cuervo, Bogotá, Colombia (https://orcid.org/0009-0003-5225-3181)
  • Johnatan E. Bonilla Instituto Caro y Cuervo, Colombia; and Humboldt-Universität zu Berlin, Berlin, Germany (https://orcid.org/0000-0002-8166-3548)
  • Ruth Yanira Rubio López Instituto Caro y Cuervo, Bogotá, Colombia (https://orcid.org/0000-0002-1396-9238)
  • Andrés Steban Luna Cortés Instituto Caro y Cuervo, Bogotá, Colombia (https://orcid.org/0009-0002-6021-1785)

Samenvatting

LEXICC: Die ontwerp en ontwikkeling van 'n aanlyn woordeboekskryfprogram. Die Instituto Caro y Cuervo (Caro- en Cuervo-Instituut, ICC) is aanvanklik gestig om Rufino José Cuervo se Diccionario de Construcción y Régimen (Woordeboek van samestelling en gebruik) te voltooi (Cuervo en ICC 1998). Sedertdien is die Instituut se missie uitgebrei om die navorsing en bevordering van Colombia se linguistiese erfenis in te sluit. In navolging van hierdie leksikografiese tradisie, het die Instituut die Diccionario de Colombianismos (Woordeboek van Colombianismes, DiCol) ontwikkel (ICC 2018) met behulp van die kopieregsagteware TshwaneLex, wat die vervaardiging van die gedrukte weergawe daarvan vergemaklik het, maar wat terselfdertyd 'n afhanklikheid van derdeparty-hulpbronne geskep het. Dit het die behoefte aan 'n buigsamer en meer onafhanklike oplossing duidelik laat word. In reaksie hierop stel hierdie verslag LEXICC — Diccionarios y Lenguajes (Woordeboeke en Tale, LEXICC) 'n nuwe, pasgemaakte aanlyn woordeboekskryfprogram (WSP) bekend wat reg van die begin af as 'n oopbron-oplossing ontwikkel is. LEXICC bemagtig navorsers, linguiste, leksikograwe, en enigiemand wat in woordeboeke belangstel om hul leksikografiese hulpbronne afsonderlik te skep en te bestuur. In hierdie artikel word die ontwerp en ontwikkelingsproses van LEXICC uitvoerig beskryf, die hooffunksies daarvan word beklemtoon, en die elektroniese aanpassing van die DiCol, wat nou aanlyn via LEXICC toeganklik is, word bespreek. Sleutelwoorde: elektroniese woordeboeke, woordeboekskryfprogram, Colombiaanse Spaans, Caro- en Cuervo-Instituut, Woordeboek van Colombianismes, nie-funksionele vereistes, funksionele vereistes, demo-woordeboek, leksikograaf-bestuurder
Gepubliceerd
2025-03-19
Citeerhulp
Monsalve Muñoz, U. del C., Bonilla, J. E., Rubio López, R. Y., & Luna Cortés, A. S. (2025). LEXICC: The Design and Development of an Online Dictionary Writing System. Lexikos, 35(1), 83-108. https://doi.org/10.5788/35-1-1989
Sectie
Projekte/Projects