Lexicography in West Africa: Preparing a Bilingual Kisi-English Dictionary

  • G.T. Childs Department of Linguistics, University of the Witwatersrand, Johannesburg, South Africa
Trefwoorden: atlantiese tale, ekspressiewe taal, fonologie, ideofone, kisi, leksikografie, pragmatiek, rekenaarprogrammatuur, semantiek, taalvariasie, tweetalige woordeboek

Samenvatting

<b>Leksikografie in Wes-Afrika: Die voorbereiding van 'n tweetalige Kisi-Engels-woordeboek. </b>In hierdie artikel word sommige van die kwessies in verband met die voorbereiding van 'n tweetalige woordeboek vir Kisi, 'n swak gedokumenteerde taal van Wes-Afrika, bespreek. Omdat Kisi oor min literêre materiaal beskik, moes fundamentele kwessies oor byvoorbeeld ortografie en woordskeiding in ag geneem word. Boonop was geen grammatika van die taal (of van 'n aanverwante taal) beskikbaar nie, en moes 'n basiese grammatikale analise terselfdertyd uitgevoer word. Ek beskou kortliks enkele van hierdie probleme en bespreek die gebruik van die leksikale databasisprogramme bekend as LEXWARE. Daarna konsentreer ek op die spesifieke probleme veroorsaak deur die ekspressiewe woordklas wat onder Afrikaniste as ideofone bekend staan. Die gevolgtrekking waartoe in die vorm van advies aan toekomstige leksikograwe van soortgelyke tale gekom word, is dat 'n deeglike lewensvatbaarheidsondersoek eers nodig is voor die aanpak van so 'n woordeboekonderneming.  
Citeerhulp
Childs, G. (1). Lexicography in West Africa: Preparing a Bilingual Kisi-English Dictionary. Lexikos, 3(1). https://doi.org/10.5788/3-1-1098
Sectie
Artikels/Articles