Devices for Information Presentation in Electronic Dictionaries

  • D.J. Prinsloo Department of African Languages, University of Pretoria, Pretoria, South Africa
  • Ulrich Heid Department of Information Science and Natural Language Processing, Hildesheim University, Hildesheim, Germany and Department of African Languages, University of Pretoria
  • Theo Bothma Department of Information Science, University of Pretoria
  • Gertrud Faaß Department of Information Science and Natural Language Processing, Hildesheim University, Hildesheim, Germany and Department of African Languages, University
Trefwoorden: elektroniese woordeboeke, gebruikersleiding, teksproduksie, teksresepsie, woordeboekontwerp, keuse-boomstruktuur, kopulatiewe, verwantskapsterminologie, inligtingsaanbiedingsinstrumente

Samenvatting

Inligtingsaanbiedingsinstrumente in elektroniese woordeboeke. Elektroniese woordeboeke behoort woordeboekgebruikers te ondersteun deur hulle te lei ten opsigte van teksproduksie en teksresepsie volgens 'n gebruikergedefinieerde aanbod van leksikografiese data vir kognitiewe doeleindes. In hierdie artikel skets ons die beginsels waarop 'n interaktiewe en dinamiese elektroniese woordeboek berus, gemik op teksproduksie en teksresepsie wat die gebruikers op innoverende wyse lei, veral ten opsigte van moeilike, gekompliseerde of verwarrende aspekte. Die leksikograaf is genoodsaak om 'n noukeurige analise te doen van die aard van moontlike probleme ten einde 'n optimale oplossing aan te bied vir 'n spesifieke probleem. Ons is van mening dat daar verskeie komplekse gevalle bestaan waar gebruikers meer gedetailleerde ondersteuning benodig as wat tans in e-woordeboeke beskikbaar is ten einde korrekte keuses te kan maak. Vir hoogs problematiese situasies stel ons leiding deur middel van 'n keuseboom-tipe instrument voor. Ons veronderstel dat die oplossings wat hier voorgestel word nie tot 'n enkele taal beperk is nie, maar na versigtige analise op verkillende tale van die wêreld toegepas kan word.
Gepubliceerd
2012-11-22
Citeerhulp
Prinsloo, D., Heid, U., Bothma, T., & Faaß, G. (2012). Devices for Information Presentation in Electronic Dictionaries. Lexikos, 22(1). https://doi.org/10.5788/22-1-1009
Sectie
Artikels/Articles